![]() |
![]() |
||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Die Viljoen familiewapen (regs) is afgelei van dié van die Franse familie Villon de Varennes. Die skild bestaan uit 'n goue skuinskruis, ook bekend as die Sint Adreaskruis, op 'n rooi agtergrond (Gules, saltire Or). Die helmteken is 'n paar gevoude arendsvlerke in goud. Die dekklede is rooi en goud. Die oorspronklike familiewapen van die Villon de Varennes familie vertoon 'n goue muurkroon as helmteken, maar die Viljoen Familiebond het tydens 'n landwye stemming gedurende die Viljoenfees van 1976 verkies om 'n paar gevoude arendsvlerke te gebruik. Hierdie wapen is derhalwe van toepassing op alle afstammelinge van die stamouers, Francois Villion en Cornelia Campenaar. |
![]() Kopiereg: H.C.
Viljoen
|
![]() |
Die familiewapen van die stammoeder van die Viljoens, Cornelia Campenaar (ook gespel Kempenaar en Campenaere), word links getoon. Die skild bestaan uit 'n staande goud gekroonde leeu in wit (of silwer) op 'n groen agtergrond. Weerskante van die leeu word twee sekels vertikaal getoon. Die dekklede is groen en silwer. Hierdie familiewapen word deur die familie Campenaar/Kempenaar in Nederland gevoer |
Volgende: Die
Viljoen Stamouers: ![]()