![]() |
![]() |
||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Nie lank ná die
herroeping van die Edik van Nantes nie, het die Hugenotekruis as
openlike bevestiging van die draer se geloof onder Hugenote in gebruik
gekom.
Die kruis is geskep in die vorm van 'n Malteserkruis: vier gelykbenige driehoeke waarvan die tophoeke in 'n sentrale punt ontmoet. Die buitepunte van die driehoeke is met knoppies versier. Die agt knoppies dui op die Saligsprekinge van Mattheus 5: 3-10. Onderaan die kruis hang 'n duif met uitgespreide vlerke in afwaartse vlug, en versimboliseer die Heilige Gees. In tye van vervolging is die duif dikwels deur 'n pêrel, wat 'n traandruppel voorstel, vervang. |
![]() |
Die wapen van die Russiese afdeling van die Orde van die Ridders van St. Johannes van Jerusalem (die Hospitalers). |
Die Hugenotekruis is
in 1688 deur ene Mystre van Nîmes ontwerp en vir die
eerste keer deur hom vervaardig. Dit het 'n voorganger in die wapen van
die Hospitaler Ridders van die Heilige Johannes van Jerusalem (sien
afbeelding links vir die wapen van die Russiese afdeling van die orde),
ook bekend as die Ridders van Malta, 'n godsdienstige en Kruisvaarder
orde wat in die 7de eeu nC in Jerusalem gestig is. In 1308 beset hulle
die eiland Rhodos na die ineenstorting van die Kruisvaarderstate, en in
1530 stig die orde die Ridders van Malta nadat Rhodos deur die Ottoman
Turke verower is. Hulle het vir 4 eeue op Malta gewoon, vandaar die naam
Malteserkruis. (Die Malteserkruis word algemeen met vuur geassosieër,
en is die simbool van beskerming van vele brandweer organisasies).
Ander voorgangers van die Hugenotekruis sluit in die sogenaamde Languedockruis, en die ordeteken van die Orde van die Heilige Gees wat Hendrik III op 31 Desember 1578 gestig het. |
'n Romantiese (ofskoon onbevestigde) verhaal van die oorsprong van die Hugenotekruis word dikwels vertel van vier Hugenote egpare wat in die huwelik in Cavennes verbind sou word, toe die gevreesde Franse Dragonders opdaag. Die aanwesiges het almal gevlug, maar twee van die huwelikspare is gevange geneem en voor die keuse gestel: versaak julle Protestantse geloof, of word verbrand op die brandstapel. Hulle het geweier om hul geloof te verwerp, en al vier is (binne sig van mekaar) elk op 'n brandstapel verbrand terwyl hul psalms gesing het. Terwyl hulle sterf, het 'n duif ten hemel gevaar.
'n Metaalwerker van Nimes het 'n medalje ontwerp om die gebeurtenis te herdenk. Die kern bestaan uit die Malteserkruis, die middelpunt waarvan bestaan uit 'n sirkel, wat verwys na die vlamme wat die egpare verenig het. Die ruimte tussen die arms is gemaak in die vorm van 'n hart, wat herinner aan die liefde van die twee jong egpare wat, getrou aan hul geloof, op hul huweliksdag op die brandstapel moes sterf.
Die Hugenotekruis, met sy ryke simboliek, word dikwels gedra deur afstammelinge van die Hugenote, en word algemeen opgemerk by Hugenote byeenkomste.

![]() |
Die Hugenote Gedenkmuseum Posbus 293 Franschhoek 7690 Suid-Afrika Tel:(27)(21)876-2598 Faks: (27)(21)876-3649 E-pos: delabat@new.co.za |
Stuur E-pos aan ons by: viljoen@mail.com